Noordelikes word ore aangesit deur UJ
Goldwagen Noordelikes het Saterdag ‘n harde les geleer toe twee van hul spanne die knie moes buig teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Noordelikes se veld in Polokwane. Die eerstespan het met 3-33 verloor terwyl die tweedespan geen punte kon aanteken in hulle nederlaag van 0-31 teen UJ nie. Dit was Goldwagen Noordelikes se …

Goldwagen Noordelikes het Saterdag ‘n harde les geleer toe twee van hul spanne die knie moes buig teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Noordelikes se veld in Polokwane.
Die eerstespan het met 3-33 verloor terwyl die tweedespan geen punte kon aanteken in hulle nederlaag van 0-31 teen UJ nie.
Dit was Goldwagen Noordelikes se eerste wedstryd van die jaar en UJ het albei wedstryde met uitmuntende aanvalspatrone oorheers en Goldwagen Noordelikes se verdediging het vele tekortkominge getoon.
Goldwagen Noordelikes rugbyklub speel in die Assupol toernooi in die A-groep wat bestaan uit die top oopklubs en universiteite in Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.
Noordelikes speel eerskomende naweek ‘n wegwedstryd teen Springs Rugbyklub.
Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za






