Prestige wedloop met massiewe prysgeld kruip nader
Laatslaperatlete kan die gesogte Mall of the North Marathon gebruik om vir vanjaar se Comrades te kwalifiseer terwyl gesinne die 5 en 10 km as pretafstande kan aanpak. Die halfmarathon is weer ‘n ideale geleentheid vir atlete om hul fiksheid te toets. ‘n Hulptoonbank in Game Court by Mall of the North word spesiaal tot …

Laatslaperatlete kan die gesogte Mall of the North Marathon gebruik om vir vanjaar se Comrades te kwalifiseer terwyl gesinne die 5 en 10 km as pretafstande kan aanpak. Die halfmarathon is weer ‘n ideale geleentheid vir atlete om hul fiksheid te toets.
‘n Hulptoonbank in Game Court by Mall of the North word spesiaal tot 31 Maart vir handinskrywings beman. Atlete kan ook by Sportsmans Warehouse, Thornhill inskryf. Aanlyninskrywings kan deur www.mallofthenorth.co.za of pietersburgroadrunners@gmail.com gedoen word.
Vanjaar se heen-en terugroete (5 km uitgesluit) vind op die provinsiale R81-roete plaas wat spesiaal vir die duur van die wedloop gesluit sal wees met spesiale vergunning van die Polokwane Verkeersdepartement. Volgens wedlooporganiseerder en voorsitter van Pietersburg Road Runners (PRR), Colinda Potgieter bied die roete aan atlete die ideale geleentheid om goeie tye te hardloop omdat daar opdraendes is wat afgewissel word deur gelyk dele en afdraendes.
Die wedloop begin en eindig by Mall of the North se oorloopparkeerarea wat die prestige geleentheid in samewerking met Mall of the North aanbied.
Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com





