Hengelaars trotseer koue tydens kompetisie
Persoonlike rekords is onlangs tydens Anguilla Hengelklub se naweekkompetisie by Doorndraaidam opgestel. Volgens Albie Grech, Anguilla Hengelklub-voorsitter, het agt lede aan die spesiehengel-kompetisie deelgeneem en verskeie het hul persoonlike rekords oortref met die gewig van die glaskarpe wat hul uitgetrek het. Dewald van Staden het sy persoonlike beste twee keer oortref deur twee karpe van …

Persoonlike rekords is onlangs tydens Anguilla Hengelklub se naweekkompetisie by Doorndraaidam opgestel.
Volgens Albie Grech, Anguilla Hengelklub-voorsitter, het agt lede aan die spesiehengel-kompetisie deelgeneem en verskeie het hul persoonlike rekords oortref met die gewig van die glaskarpe wat hul uitgetrek het.
Dewald van Staden het sy persoonlike beste twee keer oortref deur twee karpe van 11,21- en 12,88 kg onderskeidelik te vang. Grech se seun, Albert, se karp van 12,78 kg het ook vir ‘n nuwe rekord gesorg, terwyl Grech self ook sy persoonlike beste met ‘n bielie van 13,22 kg verbygesteek het.
Willie Immelman kon egter nie sy vorige beste van 20,20 kg behaal nie en moes met ‘n karp wat 13,07 kg geweeg het, tevrede wees.
Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za





