Boet Fickliga semifinale Saterdag
Die jaarlikse Boet Fickliga staan einde se kant toe en rugbyliefhebbers kan na groot aksie uitsien wanneer die semifinale ronde Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion beslis word. Goldwagen Noordelikes se eerste- en tweedespan sal in aksie wees en die gemeenskap word genooi om die rooi masjien te ondersteun. Beide spanne sal teen Potgietersrus …

Die jaarlikse Boet Fickliga staan einde se kant toe en rugbyliefhebbers kan na groot aksie uitsien wanneer die semifinale ronde Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion beslis word.
Goldwagen Noordelikes se eerste- en tweedespan sal in aksie wees en die gemeenskap word genooi om die rooi masjien te ondersteun. Beide spanne sal teen Potgietersrus Rugbyklub te staan kom. Die tweedespan skop om 14:00 af terwyl die eerstespan om 16:40 op die veld draf.
Northam Rugbyklub se tweedespan sal teen Louis Trichardt Rugbyklub om 15:20 kragte meet terwyl die laaste wedstryd tussen Northam en Letaba Rugbyklub se eerstespanne om 18:10 begin.
Toegang is gratis en toeskouers word gevra om hul eie ver-
versings saam te bring omdat geen eet- en drinkgoed verkoop sal word nie.
Noordelikes se eerstespankaptein, Mynhardt Smith, sê hulle is slaggereed. “Dit gaan beslis ‘n harde wedstryd met Potties as die verdedigende kampioene wees. Anders as hulle het ons niks om te verloor nie. Ons sal ons beste gee om Potties van hul titel te ontneem,” sê Smith.
Alhoewel Noordelikes met beide wedstryde teen Potties in die stof gebyt het, sê Smith dat Letaba die naweek 21-20 met die Mokopanespan afgereken het. “Potties kan dus oorwin word. ‘n Paar veranderinge is aan die span gemaak en ons gaan vir 80 minute alles insit om te seëvier.”
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



