Sport

Rolbalspelers spook sake uit in klubtripels

Spelers van die Polokwane Rolbalklub het mekaar tydens die klub se onlangse tripelwedstyde, ook bekend as die klubtrips, opgekeil. Vier spanne het aan die kompetisie van drie rondes deelgeneem. Die span van Annemarie Calitz, Issie Coetzer en Anton van den Berg het te veel ammunisie vir die ander spanne gehad en met die goue medalje …

Spelers van die Polokwane Rolbalklub het mekaar tydens die klub se onlangse tripelwedstyde, ook bekend as die klubtrips, opgekeil.
Vier spanne het aan die kompetisie van drie rondes deelgeneem. Die span van Annemarie Calitz, Issie Coetzer en Anton van den Berg het te veel ammunisie vir die ander spanne gehad en met die goue medalje wegge­stap.
Die algehele tweede plek is deur die span van Danie de Bruyn, Aggie Ascenco en Louisa de Bruyn verwerf.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto’s:THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

 

Mervyn Osborne op sy knieë vir die perfekte gooi.
Anton van den Berg maak gereed vir sy speelbeurt.
Diana Cronjé mik sekuur met die kegel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button