Jaarlikse Lentetrap om die draai
Fietsry-entoesiaste kan reeds vir die Lentetrap MTB 2017-kompetisie wat op 26 Augustus deur Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC) aangebied word, inskryf. Fietryliefhebbers gaan weer in die Polokwane Wildreservaat op die Siliconpad sake uitspook en inskrywings kan by Sportsmans Warehouse of aanlyn by www.rorevents.co.za gedoen word. Aanlyninskrywings moet voor 22 Augustus afgehandel wees. Deelnemers kan vir …

Fietsry-entoesiaste kan reeds vir die Lentetrap MTB 2017-kompetisie wat op 26 Augustus deur Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC) aangebied word, inskryf.
Fietryliefhebbers gaan weer in die Polokwane Wildreservaat op die Siliconpad sake uitspook en inskrywings kan by Sportsmans Warehouse of aanlyn by www.rorevents.co.za gedoen word. Aanlyninskrywings moet voor 22 Augustus afgehandel wees.
Deelnemers kan vir die 70 km marathon, 35 km halfmarathon of 13 km pretrit teen onderskeidelik R200, R150 en R60 inskryf. Die kinderrit word gratis aangebied.
‘n Tydelike lisensie is teen R40 beskikbaar. Bystandsakkies word aan die ryers van die eerste 200 inskrywings oorhandig.
Laatslapers sal nog die dag voor die wedren van 17:00 tot 19:00 en die dag van die wedren van 06:30 tot 07:30 geleentheid hê om in te skryf. Wedrennommers kan terselfdertyd afgehaal word.
Fietsryers in die 70 km spring om 08:00 weg met die 35 km-deelnemers wat 15 minute later die roete aandurf. Die pretrit begin om 08:30 en die kinderrit om 11:15.
Alle Fietsy Suid-Afrika-reëls geld en geen deelnemer mag sonder ‘n valhelm ry nie.
Roy Kirkpatrick kan by 082 456 5467 vir meer inligting geskakel word.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



