Sport

Kolskote vir plaaslike boogskuts

Lede van die plaaslike boogskietklub, Xtreme Archers, het tydens die onlangse South African Bow Hunters Association (SABA) se Limpopo-kragmeting uitnemend presteer. Die kompetisie is by Nimeng Safaris buite Vivo gehou en verskeie sertifikate en medaljes is verower. Dante Wilkinson (brons), Herman Ferreira (goud) en Neels Troskie (silwer) het SABA-sertifikate ontvang terwyl individuele medaljes aan Hendrik …

Lede van die plaaslike boogskietklub, Xtreme Archers, het tydens die onlangse South African Bow Hunters Association (SABA) se Limpopo-kragmeting uitnemend presteer.
Die kompetisie is by Nimeng Safaris buite Vivo gehou en verskeie sertifikate en medaljes is verower.
Dante Wilkinson (brons), Herman Ferreira (goud) en Neels Troskie (silwer) het SABA-sertifikate ontvang terwyl individuele medaljes aan Hendrik de Beer (goud), Lize-Merie Troskie (brons), Xanthé Botha (brons) en Neels Troskie (silwer) oorhandig is.
Twee spanne het onderskeidelik ‘n brons- en silwermedalje ontvang. Die span van Bosman Brink, Jason Bruin, Dante Wilkinson, Gerhard Smuts en Hendrik de Beer het ‘n bronsmedalje verower terwyl Herman Ferreira, Cor Nel, Neels Troskie en Johan Prinsloo ‘n silwermedalje ingepalm het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button