Sport

Perde, ruiters blink uit in uithourit

Die terrein van die Capricorn Uithouritklub op die plaas Rietfontein naby die Polokwane Skouterrein was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywigheid toe 69 ruiters met hul perde aan die klub se uithourit, wat twee keer per jaar aangebied word, deelgeneem het. Die eerste deelnemers het reeds teen 05:00 die oggend weggespring om aan die 120 …

Die terrein van die Capricorn Uithouritklub op die plaas Rietfontein naby die Polokwane Skouterrein was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywigheid toe 69 ruiters met hul perde aan die klub se uithourit, wat twee keer per jaar aangebied word, deelgeneem het.
Die eerste deelnemers het reeds teen 05:00 die oggend weggespring om aan die 120 km afstand deel te neem. Ruiters kon ook in die 80- en 40 km-afstande kragte meet.
Sakkie Olivier, president van die Limpopo Uithouritvereniging en ritmeester, vertel dat die roete oor grondpaaie en tweespoorpaaie oor boere se plase gestrek het en dat die perde na elke 40 km deur ‘n veearts ondersoek is. “Deelnemers ding in verskillende klasse deel omdat dit ‘n familiesport is.”
Volgens Olivier groei ruiterkuns as sportsoort toenemend. “Op die plaas waar die klubgeriewe is, is ‘n heeltydse perdryskool en stalle waar eienaars hul perde kan aanhou en ‘n plaaslike afrigter wat in uithouritte spesialiseer, Jan Bouwman is beskikbaar om ruiters en perde af te rig.”
Die kinderwenner in die 120 km-uithourit was Misha Piek op Bouwman Rafeek, met Leoné de Kock op Nadine as wenner van die juniorafdeling en Rouxve Becker op Zoro die wenner in die liggewigafdeling.
In die 80 km-rit was Kyla Pieters op Amira die wenner van die kinderafdeling en Mikayla Botes op Deo Gratias Vanilha die wenner in die juniorafdeling.
Marietjie van der Merwe op Deo Gratias Zeena was die wenner in die liggewigafdeling en in die standaardgewigafdeling was Werner Kenmuir op Lente die wenner. Johan du Pont en sy perd, Helen, was die beste in die swaargewigafdeling.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Wenner van die swaargewigafdeling oor
80 m, Johan du Pont, kom by die wenpaal aan.
Schalk van der Merwe voltooi die Capricorn Uithourit in die standaardgewigafdeling.
Moses Sheshoka neem in die liggewigafdelig deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button