Sport

Krieketseisoen in volle swang

Die krieketseisoen is sterk op dreef en plaaslike skole het reeds van verlede maand af in verskeie ligawedstryde kragte gemeet en gemengde welslae behaal. Verlede Woensdag het Curro Heuwelkruin se eerstespan in die T20-reeks met drie paaltjies teen Mitchell House gewen. Mitchell House was eerste in die kolfkampie en teken slegs 51 lopies aan danksy …

Die krieketseisoen is sterk op dreef en plaaslike skole het reeds van verlede maand af in verskeie ligawedstryde kragte gemeet en gemengde welslae behaal.
Verlede Woensdag het Curro Heuwelkruin se eerstespan in die T20-reeks met drie paaltjies teen Mitchell House gewen. Mitchell House was eerste in die kolfkampie en teken slegs 51 lopies aan danksy Leard Prenzler se goeie boulwerk deur vyf paaltjies te laat kantel. Kruinies bereik die telling met die drie paaltjies staande tydens hul kolfbeurt.
Vrydag het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstespan ‘n bloutjie teen Hoërskool Louis Trichardt geloop en met 53 lopies verloor. Triegies kon daarin slaag om 306 lopies vir agt paaltjies in 35 beurte bymekaar te maak, maar die Tommies kon met slegs 253 daarop aantwoord.
Vier van Hoërskool Pietersburg (PHS) se krieketspanne het Saterdag in die Superliga teen onderskeidelik Hoërskool Merensky, Southern Cross en Hoërskool Eric Louw gespeel. Die eerste- en o.15A-span wen onderskeidelik met 139 en 168 lopies teen Merensky terwyl die o.15B-span teen Eric Louw en die tweedespan teen Southern Cross onderskeidelik met 293 en 40 lopies koning kraai.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hendrick de Beer van Tommies se eer­stespan in aksie tydens sy boulbeurt.
Kruinies se eerstespanspe­ler, Henco Heslinga, slinger die bal na die kolwer.
Armich Lottering van Tommies keer die bal van die grens af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button