Sport

Nonnie de Lange-dansers skitter tydens Eisteddfod

Ses dansers van Nonnie de Lange Dansateljee het verlede week etlike toekennings tydens die Limpopo Eisteddfod verwerf. Volgens Maryke Botha, dansateljee-afrigter, het dié dansers hard gewerk en verskeie ekstra klasse bygewoon ter voorbereiding van dié geleentheid en almal is trots op die prestasies wat hulle behaal het. Monika Engelbrecht het goue toekennings behaal vir solo- …

Ses dansers van Nonnie de Lange Dansateljee het verlede week etlike toekennings tydens die Limpopo Eisteddfod verwerf.
Volgens Maryke Botha, dansateljee-afrigter, het dié dansers hard gewerk en verskeie ekstra klasse bygewoon ter voorbereiding van dié geleentheid en almal is trots op die prestasies wat hulle behaal het.
Monika Engelbrecht het goue toekennings behaal vir solo- en demi-karakterdans vir dansers wat 14 jaar en ouer is.
Amelie Franken, Carla le Roux, Elke Coulsen en Mashadie Mokhiti het ‘n silwer toekenning vir hul ‘Army’-dans en goud vir hul ‘Freaks’-uitvoering gekry, terwyl Odet­-
te Goosen goud in beide solo- en demi-karakteritems, 16 jaar en ouer ontvang het.
Kaylee Scott het ‘n silwer-toekenning in die solo-kategorie behaal.
Monica, Odette en Kaylee sal van 1 tot 6 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Ta­lentkampioenskappe (Satch) in Midrand deelneem.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Odette Goosen is trots op haar twee goue toekennings.
Monica Engelbrecht spog met twee goue sertifikate.
Mashadie Mokhiti in die uitrusting was sy tydens die ‘Freaks’-dansvertoring gedra het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button