Sport

19 skole by Marius Lengton-byeenkoms

Die jaarlikse Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms is Saterdag vir die 32ste keer deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied. Vanjaar is dit op die skool se terrein gehou met meer as 600 atlete van 19 skole van regoor die provinsie en Gauteng wat hul staal op die atletiekbaan gewys het. Twee nuwe rekords is opgestel waarvan …

Die jaarlikse Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms is Saterdag vir die 32ste keer deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied.
Vanjaar is dit op die skool se terrein gehou met meer as 600 atlete van 19 skole van regoor die provinsie en Gauteng wat hul staal op die atletiekbaan gewys het.
Twee nuwe rekords is opgestel waarvan een deur die spogatleet van Curro Heuwelkruin, Ofentse Maubane wat die 100 m vir o.17-seuns in slegs 10,31 sekondes kafgedraf het. Die vorige rekord van 10,40 sekondes is in 2003 opgestel. Ofentse is ook as senior Victor Ludorum-atleet aangewys.
Die junior Victor Ludorum-atleet was Ashaan Sebastian van Hoërskool Rob Ferreira, die senior Victrix Ludrum Leonette Vosloo van Hoërskool Nylstroom en die junior Victrix Ludorum Rinelda van der Linde van Hoërskool Pietersburg.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button