Ruiters vir prestasies in uithouritte vereer
Tydens Saterdagaand se jaareindfunksie en prysuitdelingsgeleentheid van Capricorn Uithouritklub is trofeë en toekennings aan ruiters wat gedurende die seisoen uitgeblink het, oorhandig. Leoné de Kok se uitstekende prestasie het aan haar twee spesiale toekennings besorg: as Junior Ruiter en Kampioenruiter van die Jaar sowel as ruiter wat die meeste kilometer (844 km) afgelê het. Die …

Tydens Saterdagaand se jaareindfunksie en prysuitdelingsgeleentheid van Capricorn Uithouritklub is trofeë en toekennings aan ruiters wat gedurende die seisoen uitgeblink het, oorhandig.
Leoné de Kok se uitstekende prestasie het aan haar twee spesiale toekennings besorg: as Junior Ruiter en Kampioenruiter van die Jaar sowel as ruiter wat die meeste kilometer (844 km) afgelê het.
Die Kinderruiter van die Jaar is Lente Schutte wat ook die toekenning as Ruiter/Perd-kombinasie van die Jaar ontvang het. Sy is ook saam met Zané Barnard en Misha Piek vereer vir hul deelname aan South African National Equestrian School Association (Sanesa) se nansionale kompetisie waar hulle Limpopo verteenwoordig en algeheel eerste geëindig het.
Yolandi Boon het ook ‘n spesiale toekenning vir uitnemende prestasie ontvang omdat sy Springbokkleure verwerf het.
Suné Piek is die senior
liggewig Ruiter van die Jaar, Werner Kenmuir, senior standaardgewig Ruiter van die Jaar. Rudi van Dyk het die Spirit of Endurance-toekenning vir sy onbaatsugtige bydrae tot die klub op alle gebiede ontvang.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com









