Hokkiekliniek met Nederlandse afrigter lok menige spelers
Nederlandse afrigter, Jeroen Siskens het Saterdag en Sondag entoesiastiese hokkiespelers van Polokwane en omliggende dorpe in vervoering gehad met sy hokkievernuf en kennis van die gewilde sportsoort. Die Princess Dutch Hokkiekliniek wat op Hoërskool Pietersburg (PHS) se Astro hokkieveld plaasgevind het, is deur 94 belangstellende seuns- en meisieshokkiespelers van tien tot 18 jaar en afrigters …

Nederlandse afrigter, Jeroen Siskens het Saterdag en Sondag entoesiastiese hokkiespelers van Polokwane en omliggende dorpe in vervoering gehad met sy hokkievernuf en kennis van die gewilde sportsoort.
Die Princess Dutch Hokkiekliniek wat op Hoërskool Pietersburg (PHS) se Astro hokkieveld plaasgevind het, is deur 94 belangstellende seuns- en meisieshokkiespelers van tien tot 18 jaar en afrigters van etlike skole in die omtrek bygewoon.
Dewald Oerlemans, afrigter van PHS se eerste seunspan het die kliniek deur SportWays gereel wat met 27 jaar se ervaring die oudste en suksesvolste organiseerder van hokkieklinieke in die wêreld is. SportWays Suid-Afrika in vennootskap met Princess Hokkie Suid-Afrika wil vanjaar meer as 2 000 spelers in 20 verskillende dorpe of stede in die land bereik en fokus op die hoogste kwaliteit juniorafrigting.
“Vrydagmiddag se kliniek wat slegs deur afrigters bygewoon is, het net teorie behels. Saterdag- en Sondagoggend het spelers basiese en gevorderde tegnieke aangeleer wat smiddae met wedstryde ingeoefen is,” sê Oerlemans. Die spelers is in tien spanne verdeel wat in ‘n rondomtaliebasis meegeding het.
Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com





