Sport

Stoeiklub skuif na nuwe perseel

Die Ion Baciu Stoeiklub het onlangs hul nuwe perseel by die Polokwane Internasionale Lughawe geopen en almal wat in dié sport belangstel genooi om by die klub aan te sluit. Ion Baciu se sekretaris-generaal, Magrietha Lourens het haar dank teenoor die bestuur van die lughawe uitgespreek wat ‘n deel van ‘n saal op die perseel …

Die Ion Baciu Stoeiklub het onlangs hul nuwe perseel by die Polokwane Internasionale Lughawe geopen en almal wat in dié sport belangstel genooi om by die klub aan te sluit.
Ion Baciu se sekretaris-generaal, Magrietha Lourens het haar dank teenoor die bestuur van die lughawe uitgespreek wat ‘n deel van ‘n saal op die perseel afgestaan het. “Ons is veral dankbaar teenoor ons hoofafrigter, Jan Roets, wat gedurende die Desembervakansie hard gewerk het om die saal gereed te kry sodat ons vroeg in die nuwe jaar kan begin oefen.”
Roets het van die stoeiers wat onlangs goed presteer het aan gaste bekendgestel. Steyn de Lange, Marais Harring en Charmoné Oosthuizen is onlangs vir die Kadet Afrikaspan gekies wat in Februarie in Port Harcourt, Nigerië gaan deelneem.
Terry van Rensburg het in Desember aan die Statebondkampioenskappe in Johannesburg deelgeneem en ‘n silwermedalje gewen waarna hy vir die nasionale span wat in April in Australië gaan deelneem, gekies is.
Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit, kan Lourens by 082 927 1621 geskakel word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hoofafrigter, Jan Roets nooi belangstellendes om by die Ion Baciu Stoeiklub aan te sluit.
Terry Jansen van Rensburg saam met wêreldstoeikampioen en Ion Baciu-hulpafrigter, Rudi Roets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button