Limpopo karphengelaars maak groot indruk tydens nasionale kampioenskappe
Die twee spanne hengelaars wat Limpopo tydens die onlangse 2018 Suid-Afrikaanse Nasionale Karphengelkampioenskappe by die Bloemhofdam verteenwoordig het, het uitmuntend presteer. Die A-span het teen 12 spanne regoor die land te staan gekom en is algehele naaswenners. Die B-span het teen vyf ander spanne kragte gemeet en almal oortref. In die A-afdeling het die hengelpaar, …

Die twee spanne hengelaars wat Limpopo tydens die onlangse 2018 Suid-Afrikaanse Nasionale Karphengelkampioenskappe by die Bloemhofdam verteenwoordig het, het uitmuntend presteer.
Die A-span het teen 12 spanne regoor die land te staan gekom en is algehele naaswenners. Die B-span het teen vyf ander spanne kragte gemeet en almal oortref.
In die A-afdeling het die hengelpaar, Theo Weidemann en Haccum Hough met ‘n bronsmedalje weggestap terwyl Pieter Espach en Carl Schultz met ‘n bronsmedalje vir die derde grootste karp van 5,20 kg vereer is. Dié twee hengelpare saam met Dean en Christopher Pelser is ook genooi om in April aan die nasionale proewe vir die Suid-Afrikaanse Oewerhengel Federasie deel te neem.
Benewens die algehele eerste plek wat die B-span behaal het, het die hengelpaar, Bevan Opperman en Cohen Ehrenreich ‘n algehele goue medalje gewen terwyl Dawie Marais en Walter Fraser ‘n silwer medalje vir die tweede grootste graskarp van 1,96 kg verwerf.
Die derde grootste graskarp van 1,95 kg is deur die hengelpaar, Paul en Cecile Venter, ingekatrol wat aan hulle ‘n bronsmedalje besorg het. Al drie dié hengelpare is ook vir die proewe genooi.
Storie: RC Myburgh
>>[email protected]




