Mall of the North Marathon kruip nader, reuse prysgeld, inkopies op die koop toe
Met slegs twee weke voor die grootste marathon in die provinsie plaasvind, word die krane nou behoorlik oopgedraai om alles perfek in plek te hê vir die duisende atlete, ondersteuners en toeskouers wat van heinde en verre kom. Die eerste mans- en vroueatleet wat in die ope-afdeling oor die wenstreep in die marathon (42,2 km) …

Met slegs twee weke voor die grootste marathon in die provinsie plaasvind, word die krane nou behoorlik oopgedraai om alles perfek in plek te hê vir die duisende atlete, ondersteuners en toeskouers wat van heinde en verre kom.
Die eerste mans- en vroueatleet wat in die ope-afdeling oor die wenstreep in die marathon (42,2 km) hardloop, is vanjaar R6 000 ryker danksy die hoofborge, Jaguar en Vodacom, wat die Mall of the North Marathon in vennootskap met Polokwane Atletiekklub (PAC) aanbied. Naaswenners kry elk R4 000.
Wenners in die halfmarathon in die ope-afdeling ontvang elk R3 000 terwyl naaswenners elk R2 000 ryker sal wees. In die 10 km-afdeling ontvang wenners R1 200 en naaswenners R750.
Al die atlete spring by Mall of the North se oorloopparkeerarea weg waar die eindpunt ook is.
Handinskrywings kan tot 6 April van 10:00 tot 17:00 by Mall of the North se hulptoonbank oorkant die Game-ingang gedoen word.
Aanlyninskrywings kan tot 1 April by www.entrytime.com gedoen word. Alternatiewelik kan atlete vroegoggend op 7 April (wedloopdag) van 04:00 tot 05:50 op die boonste vlak van die inkopiesentrum by die huurdersparkeerarea registreer.
Na afloop van die wedloop is die gesogte winkelsentrum met 180 winkels die ideale plek om inkopies te doen en die restaurante te besoek.
Vir enige navrae oor die verskillende afstande, wegspringtye en inskrywings kan die wedrenorganiseerder, Willie Smit, by 072 149 2674 geskakel word.
Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com
Have some fit and fabulous fun at the Mall of the North Marathon
The Mall of the North Marathon is back Saturday, 7 April from 06:00 and we’re inviting you to join in the fun.
Not only will athletes have the opportunity to qualify for the Comrades Marathon, but friends and family have a great reason to get together to show their support or participate in the half marathon, 10 km or fun run.
Everyone is welcome, whether you’re a seasoned athlete with your eye on this year’s increased prize money, or a beginner looking for a new challenge. After you’ve collected your medal there’s plenty of time to enjoy a well-deserved post-run meal at any of our delicious restaurants. We also can’t wait to welcome you to The Fun Company opening in May where you’ll find an arcade, bumper cars, an eight-lane bowling alley, and a trampoline park.





