Noordelikes wys vroeg reeds tande in Boet Fickliga
Die eerste ronde van die jaarlikse Boet Fickliga is Saterdag in die stad gespeel met Goldwagen Noordelikes en Kruinies Rugbyklub wat vir Letaba Rugbyklub en Northam Rhinos op hul onderskeie tuisvelde die stryd aangesê het. Noordelikes se eerstespan het na ‘n 41-17 oorwinning teen Letaba gewys hulle is slaggereed vir die seisoen wat voorlê. Koning …

Die eerste ronde van die jaarlikse Boet Fickliga is Saterdag in die stad gespeel met Goldwagen Noordelikes en Kruinies Rugbyklub wat vir Letaba Rugbyklub en Northam Rhinos op hul onderskeie tuisvelde die stryd aangesê het.
Noordelikes se eerstespan het na ‘n 41-17 oorwinning teen Letaba gewys hulle is slaggereed vir die seisoen wat voorlê. Koning Janse van Rensburg was die span se held met twee drieë terwyl Thulani Mathonsi, Tienie Janse van Rensburg en Mynhardt Smith ook ‘n slag agter die pale gaan kuier het.
Le Roy Ndlovo het met vyf doelskoppe en twee strafdoele geslaag.
Die rooimasjien se tweedespan het hard baklei en die manne het goeie spanwerk getoon, maar moes met ‘n enkele punt, 27-28, die aftog blaas.
Verdedigende kampioene, Northam Rhinos het dit duidelik gemaak dat hulle nie vanjaar maklik die titel gaan prysgee nie en het Kruinies se eerstespan 41-15 geklop en die tweedespan 62-0 oorrompel.
Rugbyliefhebbers word genooi om plaaslike klubrugby te ondersteun. Kruinies en Noordelikes speel Saterdag op Noordelikes se veld in die tweede ronde. Die tweedespanne begin om 17:00 en die eerstespanne draf om 19:00 op.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com








