Noordelikes onoorwonne in tweede ronde van Boet Fickliga
Die tweede ronde van die jaarlikse Boet Fickliga met plaaslike rugbyklubs, Goldwagen Noordelikes en Kruinies Rugbyklub, het mekaar Saterdag op die rooi masjien se tuisveld gepak. Kruinies se tweedespan het goed vertoon en aanvanklik vir Noordelikes ‘n harde tyd gegee, maar Noordelikes was te sterk en het met 18-11 geseëvier. Tydens die eerstespankragmeting was dit …

Die tweede ronde van die jaarlikse Boet Fickliga met plaaslike rugbyklubs, Goldwagen Noordelikes en Kruinies Rugbyklub, het mekaar Saterdag op die rooi masjien se tuisveld gepak.
Kruinies se tweedespan het goed vertoon en aanvanklik vir Noordelikes ‘n harde tyd gegee, maar Noordelikes was te sterk en het met 18-11 geseëvier.
Tydens die eerstespankragmeting was dit duidelik dat Noordelikes vanjaar beplan om die Boet Ficktrofee weer terug in hul trofeekas te kry en het die vloer met Kruinies gevee om ‘n wegholsege van 53-13 te behaal.
Noordelikes speel op 7 April teen die Universiteit van Venda (Univen) terwyl Kruinies dieselfde naweek teen Letaba Rugbyklub uitdraf.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







