Sport
Noordelikes se wegholsege
Goldwagen Noordelikes se eerstespan het Saterdag tydens die derde ronde van die Boet Fickliga die rugbyspan van Universiteit van Venda se tjank behoorlik met ‘n 126-0 afgetrap. Die rooi masjien het hul tuisveld tot hul voordeel gebruik en spelers was telkens agter die pale om die telling op te stoot. Dit was veral in die …

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het Saterdag tydens die derde ronde van die Boet Fickliga die rugbyspan van Universiteit van Venda se tjank behoorlik met ‘n 126-0 afgetrap.
Die rooi masjien het hul tuisveld tot hul voordeel gebruik en spelers was telkens agter die pale om die telling op te stoot. Dit was veral in die tweede helfte van die wedstryd wat Univen se spelers begin moeg raak het en dit vir Noordelikes maklik gemaak vir eenrigtingverkeer.
Noordelikes speel Saterdag teen die Universiteit van Limpopo op hul veld in Turfloop.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



