Stad spog nou met Bosveld Kettieklub
Blikkies het Saterdag een na die ander gekantel toe oud en jonk aan die Bosveld Kettieklub se openingskompetisie in Ladanna deelgeneem het. Dié tradisionele wapen wat destyds van assegaaihout, haasingewande en beesvel gemaak is, word vandag vervang met ‘n moderne weergawe waarvan die onderdele van verskeie sintetiese materiale en allooie gemaak en kommersieel bemark word. …

Blikkies het Saterdag een na die ander gekantel toe oud en jonk aan die Bosveld Kettieklub se openingskompetisie in Ladanna deelgeneem het.
Dié tradisionele wapen wat destyds van assegaaihout, haasingewande en beesvel gemaak is, word vandag vervang met ‘n moderne weergawe waarvan die onderdele van verskeie sintetiese materiale en allooie gemaak en kommersieel bemark word.
Kettieskiet lok by oud en jonk belangstelling en die Bosveld Kettieklub se missie is om dié sportsoort, wat in ander dele van die land en wêreld groot opslae maak, in Polokwane en Limpopo te vestig en ‘n liefde onder plaaslike inwoners te kweek. Oefentye is voorlopig vir Donderdae geskeduleer.
Die openingskompetisie was vriendskaplik en organiseerders beloof dat groot pryse in die toekoms op die spel gaan wees. Belangstellendes kan Wilma Prinsloo by 082 555 4553 of Nici Vogel by 073 222 9078 skakel.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

wys wat hy met ‘n kettie kan doen.





