Sport
Ringbalspelers sit beste voetjie voor tydens Limpopoproewe
Ringbalspelers regoor die provinsie het Saterdag hul harte op die plaaslike ringbalbane uitgespeel om ‘n plek in die junior en senior Limpopospan te verseker. Sekretaresse van Jakaranda Ringbalklub, Jakkie Landsberg, sê junior en senior spelers van plaaslike klubs, Jakaranda en Parke, sowel as spelers van so ver as Tzaneen en Phalaborwa het aan die proewe …

Ringbalspelers regoor die provinsie het Saterdag hul harte op die plaaslike ringbalbane uitgespeel om ‘n plek in die junior en senior Limpopospan te verseker.
Sekretaresse van Jakaranda Ringbalklub, Jakkie Landsberg, sê junior en senior spelers van plaaslike klubs, Jakaranda en Parke, sowel as spelers van so ver as Tzaneen en Phalaborwa het aan die proewe deelgeneem.
Die spanne is Saterdag aangewys en sal van 1 tot 7 Julie Limpopo tydens die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskappe in Pretoria verteenwoordig.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



