Sport

Medaljes vir studente van Kimura Shukokai

Studente van Kimura Shukokai Karateklub in die stad het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Shukokai-kampioenskappe in Johannesburg 18 goue-, silwer- en bronsmedaljes ingepalm. James Marais het goue medaljes in kata en kumite verwerf, terwyl Harry Marais en Mignon Bronkhorst elk ‘n bronsmedalje in kata gewen het. Kwete Kganyago en Lavela Godlwana het elk ‘n goue medalje …

Studente van Kimura Shukokai Karateklub in die stad het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Shukokai-kampioenskappe in Johannesburg 18 goue-, silwer- en bronsmedaljes ingepalm.
James Marais het goue medaljes in kata en kumite verwerf, terwyl Harry Marais en Mignon Bronkhorst elk ‘n bronsmedalje in kata gewen het.
Kwete Kganyago en Lavela Godlwana het elk ‘n goue medalje in kata verwerf, Henco Bronkhorst ‘n silwermedalje in kumite, Duan du Toit, ‘n goue medalje in kumite en Koki Mpolokeng goud in kata en brons in kumite. Dinita Olivier het ‘n bronsmedalje in kumite losgeslaan, terwyl Jordan Skordi goud in kumite en brons in kata verwerf het. Bukulu Godlwana en Wihan Louw het onderskeidelik ‘n brons en silwer in kata gewen, terwyl Rhain Skordi ‘n silwer in kumite en brons in kata om sy nek gehang het.
Volgens sensei, Marcia van Niekerk, was dit ‘n strawwe kompetisie en die studente moes hard werk vir hul medaljes. “Ek is baie trots op my studente wie se goeie tegniek en vorm veral opgeval het.”
Kimura Shukokai International bied hul wêreldkampioenskappe in Julie in Swede aan en Van Niekerk is hoopvol dat van haar studente vir deelname gekies word.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button