Perdeklubs se pretdag vol opwinding
Oud en jonk kon met Saterdag se pretdag wat by Winnfield Stables plaasgevind het iets vind om hul belangstelling te prikkel. Capricorn Wheels and Legs-athon in deur die Capricorn Uithouritklub en Capricorn Western Club net buite die stad aangebied en het onder meer ‘n Ysterman en -vrouekompetisie, Western Mounted Games, potjiekoskompetisie, hingsskou en lyndanse ingesluit. …

Oud en jonk kon met Saterdag se pretdag wat by Winnfield Stables plaasgevind het iets vind om hul belangstelling te prikkel.
Capricorn Wheels and Legs-athon in deur die Capricorn Uithouritklub en Capricorn Western Club net buite die stad aangebied en het onder meer ‘n Ysterman en -vrouekompetisie, Western Mounted Games, potjiekoskompetisie, hingsskou en lyndanse ingesluit.
Glybane, ponieritte en gesigverf het die kinders besig gehou terwyl oud en jonk die meganiese rodeobul kon aandurf,
Capricorn Uithouritklub se Rioni Combrink sê die sogenaamde driekamp of Ysterman en -vrouekompetisie is ‘n eerste vir Limpopo. Deelnemers moes 5 km draf, 10 km bergfiets ry en 15 km te perd aflê. Bertus Dreyer en Anandré van der Nest het dié onderskeie titels ingepalm.
Die hingsskou se onder driejaar-kategorie is deur Anmar van Dyk se hings, Bouwman Khalib oorheers gevolg deur Hannes Olivier se Aureb as naaswenner.
In die seniorkategorie was Van Dyk se PSTYLE X die wenner gevolg deur Werner Marais se Armar Nadeem en Gerhard Smith se Chapmar Maximus onderskeidelik in die tweede en derde plek.
In die Western Mounted Games was Karisna Landman, Anri Greyvenstein en DJ du Plooy die onderskeie algehele wenners in vlak 0, -1 en -2.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com







