Sport

Kimura Shukokai-studente blink uit, twee op pad na Swede

Karatekas van Kimura Shukokai Karateklub het verskeie medaljes ingepalm tydens die Limpopo Karatekampioenskappe wat onlangs in die stad gehou is en twee van die wenners is gekies om Suid-Afrika van 16 tot 20 Julie by die Kimura Shukokai Internasionale Wêreldkampioenskappe in Swede te verteenwoordig. Vir sibbe, Lavela en Bukulu Godlwana is deelname aan ‘n internasionale …

Karatekas van Kimura Shukokai Karateklub het verskeie medaljes ingepalm tydens die Limpopo Karatekampioenskappe wat onlangs in die stad gehou is en twee van die wenners is gekies om Suid-Afrika van 16 tot 20 Julie by die Kimura Shukokai Internasionale Wêreldkampioenskappe in Swede te verteenwoordig.
Vir sibbe, Lavela en Bukulu Godlwana is deelname aan ‘n internasionale kompetisie nie ‘n vreemde ervaring nie omdat hulle albei twee jaar gelede ‘n bronsmedalje by die Wêreldkampioenskappe verwerf het.
Volgens sensei Marcia van Niekerk word deelnemers van onder meer Europa en die Verenigde State van Amerika by die kampioenskappe verwag en die mededinging gaan baie sterk wees. “Ek is baie trots op my studente en weet hulle gaan goed presteer.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Sensei Marcia van Niekerk met karatekas Lavela en Bukulu Godlwana wat in Julie aan die Kimura Shukokai Internasionale Wêreldkampioenskappe in Swede gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button