Sport
Fietsryers durf 100 km met bergfiets aan
Die TBC 100 MTB Ride is Saterdag vir die tweede keer in die Polokwane Wildreservaat gehou met ongeveer 65 bergfietsryers wat hul vernuf en uithouvermoë op ‘n 100 km-roete getoets het. Die wedren word deur ‘n plaaslike fietswinkel aangebied en deelnemers word die geleentheid gegee om tot 100 km te ry op ‘n roete van …

Die TBC 100 MTB Ride is Saterdag vir die tweede keer in die Polokwane Wildreservaat gehou met ongeveer 65 bergfietsryers wat hul vernuf en uithouvermoë op ‘n 100 km-roete getoets het.
Die wedren word deur ‘n plaaslike fietswinkel aangebied en deelnemers word die geleentheid gegee om tot 100 km te ry op ‘n roete van 25 km wat uitgelê is. Deelnemers besluit self hoeveel rondes hulle wil aandurf.
Dit is ‘n sosiale geleentheid vir amateurs om die natuur te geniet en sosiaal te verkeer terwyl dit ook die ideale geleentheid vir professionele ryers is om te oefen.
Dit was slegs ‘n pretrit sonder uitslae.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



