Lentetrap in die reservaat om die draai
Bergfietsentoesiaste kan solank hul bergfietse olie vir die Panarottis Lentetrap 2018 wat op 25 Augustus in die Polokwane Wildreservaat aangebied word. Aanlyninskrywings kan gedoen word en die eerste 200 inskrywings ontvang ‘n bystandsakkie. Inskrywings kos R200 vir die 70 km, R150 vir die 35 km en R60 vir die 15 km pretrit. ‘n Tydelike lisensie …

Bergfietsentoesiaste kan solank hul bergfietse olie vir die Panarottis Lentetrap 2018 wat op 25 Augustus in die Polokwane Wildreservaat aangebied word.
Aanlyninskrywings kan gedoen word en die eerste 200 inskrywings ontvang ‘n bystandsakkie.
Inskrywings kos R200 vir die 70 km, R150 vir die 35 km en R60 vir die 15 km pretrit. ‘n Tydelike lisensie kos R35.
Die 70 km-ryers spring om 08:00 weg gevolg deur die 35 km-ryers 15 minute later. Deelnemers aan die pretrit spring om 08:30 weg. Deelnemers wat die wedren voltooi sal medaljes ontvang en die afsnytyd is om 13:00.
Mede-organiseerder, Yolandi Bell, sê laat inskrywing kan die dag voor die wedren by Savannah Mall se Food Court van 17:00 tot 19:00 gedoen word en wedrennommers kan terselfdertyd afgehaal word. Laat inskrywings kan wedrendag van 06:00 tot 07:00 by die reservaat gedoen word.
Die wedren word ingevolge Cycling South Africa (CSA) se reëls en regulasies aangebied en niemand sal toegelaat word om sonder ‘n valhelm deel te neem nie.
Vir meer inligting skakel Bell by 082 456 5467 of Johan Kruger by 083 410 5645.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



