Brawe ruiters en perde wys wat in hul steek
Ruiters en hul ondersteuningspanne het reeds Vrydagaand hul kampeerplekke ingerig vir Capricorn Uithouritklub se uithourit wat tweekeer per jaar op die plaas Rietfontein naby die Polokwane Skouterrein aangebied word. Ingrid Kenmuir op Mekadesh Razarah was die wenner in die 80 km jongruiter-afdeling, Yolandi Boon op Kitima Silver Dream die wenner in die 80 km liggewig-afdeling …

Ruiters en hul ondersteuningspanne het reeds Vrydagaand hul kampeerplekke ingerig vir Capricorn Uithouritklub se uithourit wat tweekeer per jaar op die plaas Rietfontein naby die Polokwane Skouterrein aangebied word.
Ingrid Kenmuir op Mekadesh Razarah was die wenner in die 80 km jongruiter-afdeling, Yolandi Boon op Kitima Silver Dream die wenner in die 80 km liggewig-afdeling en Sarie Pieters op Sabeeh Al Wahed die wenner in die standaardgewig-afdeling.
Arina Hattingh op Bouwman Zoruach het met die louere weggestap in die 80 km swaargewig-afdeling en Veronique Breed op Joni Ghazie was die wenner in die 80 km trapleer-afdeling, terwyl Estelle Benadé op Armar Gamal die 66 km trapleer-afdeling gewen het.
Dawid Breed op Lucio was die wenner van die 40 km rit en die enigste manlike ruiter wat ‘n sege behaal het.
Sewe-en-veertig ruiters het in die swaar-, standaard-, ligte- en juniorklasse deelgeneem en daar was ook ‘n trapleerafdeling waar ruiters aan dele van die rit deelgeneem het.
Drie veeartse het die perde tydens die ritte ondersoek en verseker dat almal deurentyd geskik was om deel te neem.
Sakkie Olivier, president van die vereniging en ritmeester was ingenome met die goeie opkoms. “Perdry is ‘n familiesport en enigiemand kan deelneem,” sê hy.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com







