Sport

Laat inskrywings steeds welkom vir Lentetrap

Bergfietsentoesiaste het tot môre (Vrydag) tyd om vir vanjaar se Panarottis Lentetrap in te skryf en kan van 17:00 tot 19:00 by Savannah Food Court registreer terwyl dié wat reeds aanlyn ingeskryf het terselfdertyd hul wedrennommers kan afhaal. Dié gewilde wedren word Saterdag in die Polokwane Wildreservaat gehou en inskrywingsgeld is R200 vir die 70 …

Bergfietsentoesiaste het tot môre (Vrydag) tyd om vir vanjaar se Panarottis Lentetrap in te skryf en kan van 17:00 tot 19:00 by Savannah Food Court registreer terwyl dié wat reeds aanlyn ingeskryf het terselfdertyd hul wedrennommers kan afhaal.
Dié gewilde wedren word Saterdag in die Polokwane Wildreservaat gehou en inskrywingsgeld is R200 vir die 70 km, R150 vir die 35 km en R60 vir die 15 km-pretrit terwyl ‘n tydelike lisensie R35 kos. Laatslapers kan nog op wedrendag van 06:00 tot 07:00 inskryf.
Die 70 km-deelnemers spring om 08:00 weg, die 35 km om 08:15 gevolg deur die pretrit om 08:30. Alle deelne­mers wat die onderskeie wedrenne voltooi, sal medaljes ontvang.
Die wedren word ingevolge Cycling South Africa (CSA) se reëls en regulasies aangebied en niemand sal toegelaat word om sonder ‘n valhelm deel te neem nie.
Vir meer inligting skakel mede-orga­niseerder, Yolandi Bell by 082 456 5467 of Johan Kruger by 083 410 5645.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button