Skud vere reg vir Hanlie Steyn Memorial Race
Atlete kan uitsien na een van die stad se gunstelingwedlope wat op 8 September op die rugbyveld tussen die twee stadions aangebied word. Die Hanlie Steyn Memorial Race word vir die derde jaar deur Polokwane Atletiekklub (PAC) aangebied ter herdenking aan blinde Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn se vrou, Hanlie wat hom deur dik en dun …

Atlete kan uitsien na een van die stad se gunstelingwedlope wat op 8 September op die rugbyveld tussen die twee stadions aangebied word.
Die Hanlie Steyn Memorial Race word vir die derde jaar deur Polokwane Atletiekklub (PAC) aangebied ter herdenking aan blinde Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn se vrou, Hanlie wat hom deur dik en dun bygestaan het ten spyte van haar eie stryd teen kanker.
Die geleentheid bied ‘n 5 km, 10 km en 21,1 km wedloop vir amateurs sowel as professionele atlete en kos onderskeidelik R30, R60 en R100.
Tydelike lisensies vir die 10 km en 21,1 km is teen R30 beskikbaar.
Inskrywings kan die dag voor die wedloop by die rugbyveld van 16:30 tot 19:00 gedoen word of van 5:00 tot 06:00 op die dag van die wedloop voordat die 10 km en 21,1 km om 06:30 wegspring gevolg deur die 5 km pretdraf om 6:40.
Almal wat die wedloop voltooi sal ‘n medalje ontvang.
Skakel die organiseerder, Willie Smit, by 072 149 2679 vir meer inligting.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



