Sport

Sewe rekords spat tydens jaarlikse Marius Lengton Gedenkbyeenkoms

Die 33ste Marius Lengton Gedenkbyeenkoms is die naweek met 17 deelnemende skole in die stad aangebied wat Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se terrein toegesak het. Volgens atletiekafrigter, Danie Roux, was die standaard baie hoog en uitstaande atlete was in baan- en velditems te sien. Sewe rekords is verbeter deur Mukhetlwa Tshifura (o.14-200 …

Die 33ste Marius Lengton Gedenkbyeenkoms is die naweek met 17 deelnemende skole in die stad aangebied wat Saterdag op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se terrein toegesak het.
Volgens atletiekafrigter, Danie Roux, was die standaard baie hoog en uitstaande atlete was in baan- en velditems te sien.
Sewe rekords is verbeter deur Mukhetlwa Tshifura (o.14-200 m – 22,8 sekondes) van Tommies. Die ses ander rekords is deur atlete van die hoërskole Rob Ferreira, Ben Vorster en Nylstroom verbeter.
Nachelle Beetge van Hoërskool Ellisras en Chinique Brown van Hoërskool Pietersburg is onderskeidelik as junior en senior Victrix Ludorum-atlete aangewys terwyl Junior Mondlane en Nhlanhla Maseko van Hoërskool Rob Ferreira as junior en senior Victor Ludorum-atlete weggestap het. As gasheer het Tommies tien medaljes waarvan twee goud, vier silwer en vier brons verower.
Roux sê Tommies se Mukhetlwa Tshifura, is die eerste o.14-atleet van die skool wat daarin slaag om die 100 m onder 11 sekondes en die 200 m onder 23 sekondes af te lê. “‘n Talent­volle atleet wat dopgehou kan word,” meen hy.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kruinies se o.15-atleet, Summer Shikwane, behaal ‘n derde plek in die 100 m.
Mukhetlwa Tshifura, regs, o.14-atleet van Tom Naudé wat die rekord in die 200 m na 22,8 sekondes verbeter het.
Tommies se Rochelle de Necker, o.15, tydens die
200 m-hekkies.
Tommies se Sunet Viljoen, o.15, spring weg tydens die 100 m.
Morné Henning van PHS en Joggie Geduld van Tommies, o.15, meet kragte in die 1 500 m.
Juandré Slippers, o.15, van PHS gooi spies.
Daar is geen fout met Keegan Menzies, o.16 van PHS se verspringtegniek nie.
Tommies- o.15-atleet, JC Logtenberg, tydens die hoogspring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button