Oud, nuwe rugbyspelers skud vere reg vir seisoen
Goldwagen Noordelikes begin Maandag amptelik oefen en nooi spelers wat graag by die klub wil aansluit uit om om 18:00 by die klub se veld in Ladanna aan te meld. Hoofafrigter, Frederik Romijn sê die klub verwag ‘n goeie seisoen en dat daar van die begin af hard geoefen gaan word met die doel om …
Goldwagen Noordelikes begin Maandag amptelik oefen en nooi spelers wat graag by die klub wil aansluit uit om om 18:00 by die klub se veld in Ladanna aan te meld.
Hoofafrigter, Frederik Romijn sê die klub verwag ‘n goeie seisoen en dat daar van die begin af hard geoefen gaan word met die doel om vanjaar as wenners van die Boet Fickliga gekroon te word.
“Ek hoop om al die ou spelers weer te sien, maar om ook ‘n paar nuwe gesigte te verwelkom. Enigiemand is welkom,” sê hy.
Die eerste plaaslike wedstryd is op
16 Februarie wanneer die rooimasjien teen Brakpan in ‘n opwarmingswedstryd te staan kom. Noordelikes neem ook reeds op 9 Februarie aan ‘n rugbydag in Letaba deel.
Vir meer inligting skakel Romijn by 079 984 0076.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



