Klub-, skole jukskei se ligawenners gekroon
Die vyfde en laaste ronde van die jaarlikse jukskeiliga is Saterdag by die Pietersburg Jukskeiklub aangebied. Spelers van skole en klubs regoor Limpopo het hul beste voetjie voor gesit in ‘n poging om genoeg punte bymekaar te maak om ‘n plek op die finale punteleer te verseker. Die punte van al die afdelings die afgelope …

Die vyfde en laaste ronde van die jaarlikse jukskeiliga is Saterdag by die Pietersburg Jukskeiklub aangebied.
Spelers van skole en klubs regoor Limpopo het hul beste voetjie voor gesit in ‘n poging om genoeg punte bymekaar te maak om ‘n plek op die finale punteleer te verseker.
Die punte van al die afdelings die afgelope vyf ligas is bymekaargetel en Nylstroom Jukskeiklub het met die louere weggestap gevolg deur Pietersburg in die tweede plek en Tarentale Jukskeiklub van Mokopane derde.
Na afloop van die ligawedstryde op 9 Februarie sowel as die naweek het Pietersburg Laerskool met ‘n totaal van 274,5 punte die eerste plek behaal.
Laerskool Pietersburg-Oos was tweede met 262,5 punte en Dendron Primary School derde met 139 punte.
Met die o.16- en o.19-spanne se punte gekombineerd het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (343,5) die goue medalje verwerf gevolg deur Hoërskool Pietersburg (204) en Hoërskool Frikkie Meyer (192,5) van Thabazimbi in die tweede en derde plek respektiewelik.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






