Sport

Medaljes rol in vir karatekas tydens kampioenskappe

Lede van die plaaslike Kimura Shukokai Karateklub het verskeie medaljes tydens die Bushido Challenge-kampioenskappe wat onlangs by die Universiteit van Johannesburg gehou is, verwerf. Sensei Marcia van Niekerk sê die kompetisie is vir laer gordels gehou en het hoofsaaklik as voorbereiding vir groter kompetisies soos die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aanstaande maand gedien. “Vir sommige was dit …

Lede van die plaaslike Kimura Shukokai Karateklub het verskeie medaljes tydens die Bushido Challenge-kampioenskappe wat onlangs by die Universiteit van Johannesburg gehou is, verwerf.
Sensei Marcia van Niekerk sê die kompetisie is vir laer gordels gehou en het hoofsaaklik as voorbereiding vir groter kompetisies soos die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aanstaande maand gedien.
“Vir sommige was dit hul eerste kompetisie en hulle het alle verwagtinge oortref deur verskeie medaljes in te palm.
Dié wat nie medaljes ontvang het nie, het dit met enkele punte gemis. Ek glo hulle sal ons naam tydens toekomstige kompetisies hoog hou,” sê Van Niekerk.

Storie en foto: RC Myburgh
>>[email protected]

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button