Sport

Kruinies klop Noordelikes in Boet Fickliga

Kruinies Rugbyklub het die voordeel van hul tuisveld goed benut toe hulle PanSolutions Noordelikes Saterdag tydens die jaarlikse Boet Fickliga ore aangesit het. Kruinies het sedert die begin van die wedstryd goeie formasie op die veld gehandhaaf en hul aanvallende spelpatroon het tot ‘n sege van 31-12 gelei. Rugbyliefhebbers word herinner dat Noordelikes Saterdag op …

Kruinies Rugbyklub het die voordeel van hul tuisveld goed benut toe hulle PanSolutions Noordelikes Saterdag tydens die jaarlikse Boet Fickliga ore aangesit het.
Kruinies het sedert die begin van die wedstryd goeie formasie op die veld gehandhaaf en hul aanvallende spelpatroon het tot ‘n sege van 31-12 gelei.
Rugbyliefhebbers word herinner dat Noordelikes Saterdag op hul tuisveld teen Letaba Rugbyklub uitdraf. Die derdespan speel om 15:00 gevolg deur die tweedespan om 16:00.
Die hoofwedstryd skop om 17:30 af.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jeandré du Plessis van Kruinies tel spoed op nadat hy die bal ontvang het
Juan Vos van Kruinies omseil sy opponent.
Tyson Monti van Kruinies wen veld.
Spoedvraat Letsoala van Noordelikes se naam sê alles. Hy kies koers toe hy die bal ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button