Sport

Gemengde welslae vir Noordelikes tydens Boet Fickliga

Rugbyliefhebbers het Saterdag getrou by PanSolutions Noordelikes langs die rugbyveld uitgekamp om die aksie teen Letaba Rugbyklub te aanskou. Die wedstryde is deel van die jaarlikse Boet Fickliga en Noordelikes se eerste- en derde­spanne kon daarin slaag om die spanne van Letaba ore aan te sit. Hulle het onderskeidelik 51-24 en 27-0 gewen. Die tweedespan …

Rugbyliefhebbers het Saterdag getrou by PanSolutions Noordelikes langs die rugbyveld uitgekamp om die aksie teen Letaba Rugbyklub te aanskou.
Die wedstryde is deel van die jaarlikse Boet Fickliga en Noordelikes se eerste- en derde­spanne kon daarin slaag om die spanne van Letaba ore aan te sit. Hulle het onderskeidelik 51-24 en 27-0 gewen.
Die tweedespan was nie so gelukkig nie en moes met ‘n 38-41 nederlaag tevrede wees.
Noordelikes se volgende wedstryd is op 28 Junie teen Potgietersrus Rugbyklub te Mokopane.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Noordelikes se slot, Gerrit Wilken, ontvang die bal in die lynstaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button