Noordelikes wys tande vroeg in rugbyseisoen
Noordelikes Rugbyklub het gewys dat hulle gereed is om tydens vanjaar se rugbyseisoen naam te maak nadat hul eerste- en tweedespan Saterdag met die louere teen Musina Rugbyklub weggestap het. Volgens die klub se hoofafrigter, Frederik Romijn was dit slegs ‘n vriendskaplike kragmeting wat as voorbereiding vir die seisoen dien. Noordelikes se tweedespan het Musina …

Noordelikes Rugbyklub het gewys dat hulle gereed is om tydens vanjaar se rugbyseisoen naam te maak nadat hul eerste- en tweedespan Saterdag met die louere teen Musina Rugbyklub weggestap het.
Volgens die klub se hoofafrigter, Frederik Romijn was dit slegs ‘n vriendskaplike kragmeting wat as voorbereiding vir die seisoen dien. Noordelikes se tweedespan het Musina met 48-5 vermorsel terwyl die eerstespan 26-14 koning kraai.
Romijn het belangstellendes genooi om Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18:30 by die klub se veld in Ladanna aan te meld om saam te oefen.
Noordelikes speel Saterdag teen Letaba Rugbyklub in Tzaneen.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



