Tarentale, Nylstroom tops tydens vanjaar se jukskei-seisoen
Die laaste ronde van vanjaar se jukskeiliga is Saterdag deur Soutpan Jukskeiklub in Louis Trichardt aangebied met die Tarentale van Mokopane en Nylstroom Jukskeiklub wat as wenners van die A-, B- en C-afdeling onderskeidelik uit die stryd getree het. In die A-afdeling het Tarentale met 43 punte die ander spanne oorheers wat hulle ook die …

Die laaste ronde van vanjaar se jukskeiliga is Saterdag deur Soutpan Jukskeiklub in Louis Trichardt aangebied met die Tarentale van Mokopane en Nylstroom Jukskeiklub wat as wenners van die A-, B- en C-afdeling onderskeidelik uit die stryd getree het.
In die A-afdeling het Tarentale met 43 punte die ander spanne oorheers wat hulle ook die titel as ligawenners besorg het met ‘n groottotaal van 203 punte. Pietersburg Jukskeiklub en Nylstroom was tweede en derde.
In die B-afdeling het Nylstroom en Soutpan gelyk met 35,5 punte geëindig, maar Nylstroom se groottotaal van 158,5 punte het hulle die algehele eersteplek besorg. Pietersburg was derde.
Nylstroom het ook die C-afdeling oorheers en as ligawenners uit die stryd getree met 168 punte. Soutpan was tweede en Tarentale derde.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





