Bosveld SportSport

Harde spel en goeie sportmanskap voer botoon in hokkiewedstryde

HARDE spel en deurdruk tot die einde het verlede week gesorg vir goeie netbal- en hokkiewedstryde toe Hoërskool Piet Potgieter en Hans Strijdom se spelers mekaar op die Hansies se bane en velde op Mookgophong opgekeil het.

MOKOPANE – HARDE spel en deurdruk tot die einde het verlede week gesorg vir goeie netbal- en hokkiewedstryde toe Hoërskool Piet Potgieter en Hans Strijdom se spelers mekaar op die Hansies se bane en velde op Mookgophong opgekeil het.

Piet Pot het soos met die rugby gewys die skool se wintersportsoorte is vanjaar goed op dreef met gedugte spanne wat alles insit om voort te bou op die skool se groot interhoëratletiekglorie vroeër vanjaar.

HPP se netbalspanne het almal gewen.

Die eerste netbalspan het met 46-11 koning gekraai, terwyl die Hansies se eerste hokkiespan na ‘n tawwe wedstryd met 1-0 geseëvier het.

Goeie sportmanskap het deurgaans die botoon gevoer.

Die uitslae van die dag was as volg:

Netbal

o/14: Piet Pot wen 13–8.

o/16: Piet Pot wen 20-3.

Tweedespan: Piet Pot wen 11-10.

Eerstespan: Piet Pot wen 46–11.

Hokkie

o/14: Piet Pot wen 2–0.

o/15: Hans Strijdom wen 2–0.

o/16: speel gelykop 0–0.

Eerstespan: Hans Strijdom wen 1–0.

Hierby foto’s van die dag se aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button