Bosveld SportSport

Rugbyles vir HTS-spanne

Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne is vanjaar goed op koers en verlede Saterdag het hulle op hul tuisveld ook vir Hoërskool Tom Naudé van Polokwane se spelers gewys waar Dawid die wortels begrawe het.

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter se rugbyspanne is vanjaar goed op koers en verlede Saterdag het hulle op hul tuisveld ook vir Hoërskool Tom Naudé van Polokwane se spelers gewys waar Dawid die wortels begrawe het.

Al die spanne het vir weghol-oorwinnings gesorg, behalwe die o/16-span wat pakgekry het. Die eerstes het die Tommies oorskadu en in ‘n fisies harde wedstryd is daar met die bal gehardloop en talle keer agter die pale oorgeduik.

Hierby foto’s van die wedstryde soos vasgevang deur die lense van Charmaine Lourens en Ockert van der Westhuizen.

Die uitslae en spelers van die wedstryd was as volg:
o/14 : 36-0 (Meinrich Frauendorf).
o/15 : 58-0 (Franco du Toit)
o/16 : 18-29 (Kurt Kruger).
Tweede : 17-7 (Heino Viljoen).
Eerste: 48-5 (Gideon van der Walt).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button