Bosveld SportSport

Tennisbane kry nuwe baadjie

TWEE van Laerskool Krugerpark se tennisbane spog met 'n nuwe baadjie nadat die Krugies R128 000 ingesamel het tydens die interskole-motorkompetisie

MOKOPANE – TWEE van Laerskool Krugerpark se tennisbane spog met ‘n nuwe baadjie nadat die Krugies R128 000 ingesamel het tydens die interskole-motorkompetisie wat oor ‘n tydperk van vier maande gestrek het.

‘n Gelukkige vrou van Polokwane is na die trekking ‘n motor ryker en Fanie Kemp van Mokopane spog met ‘n splinternuwe skootrekenaar.

SJ Kemp in gr. 1 het gewys hy is ‘n entrepreneur van formaat en het 18 boekies verkoop tydens die fondsinsameling. Hy is beloon met ‘n R1000.

“Baie dankie Krugies vir julle samewerking en harde werk en dat die tennisbane nou spog met ‘n blink nuwe voorkoms,” sê Johan Vertongen.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button