Bosveld SportSport

Top skermer dra weer groen en goud vir Statebondspele

ANDREW Howitt is opgewonde en gereed om in Springbokkleure sy slag te gaan wys wanneer die Junior Statebondspele op 11 Julie in Kaapstad begin.

MOKOPANE – ANDREW Howitt is opgewonde en gereed om in Springbokkleure sy slag te gaan wys wanneer die Junior Statebondspele op 11 Julie in Kaapstad begin.

Andrew van die Ere Sabelklub op Mokopane het vandeesweek gehoor hy is een van ses skermers van Limpopo wat hul Springbokkleure gekry het. Vanjaar is daar sowat 30 lande se skermers wat teen mekaar gaan meeding.

Dit is die tweede keer dat Andrew Springbokkleure in Sabel verwerf, hoewel hy ook al vier keer tevore in die groen en goud gepronk het waar hy in die degen- en floretafdelings meegeding het.

Hy sal in die die o/20 sabelafdeling deelneem en ook aan die spankompetisie. Andrew is so te sê met ‘n swaard in die hand gebore, want dit was van kleintyd af wat swaarde en outydse oorlogvoering hom gefassineer het. Hy het op 8-jarige ouderdom begin skerm en vandaar nooit weer teruggekyk nie.

Tans oefen Andrew hard om sy beste te gaan lewer. Hy vertel skerm is basies ‘n kombinasie van drie sportsoorte in een, naamlik skaak vir die uitoorlê en strategie wat daarby betrokke is, maraton-atleet vir die stamina en uithou wat noodsaaklik is en ballet/gimnas vir die soepelheid en spierfiksheid.

Hy doen voetwerk, fiksheid en puntbeheer met sy wapen, asook ekstra oefeninge saam sy afrigter om gereed te wees vir die aksie wat wag.

Andrew is ook verlede maand tydens die Mokopane Sakekamer se glansdinee vereer toe hy die toekenning vir sportman van die jaar ontvang het vir sy uitstekende prestasies as een van die land se top skermers.

Nog n skermer van Mokopane, Eben Wagner, is as reserwe gekies en indien van die gekose Springbokke nie kan deelneem nie, sal hy ook in aksie wees tydens die Statebondspele.

Andrew Howitt (links) in aksie tydens n skermkompetisie.
Andrew Howitt (links) in aksie tydens n skermkompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button