Shelanti ruiterklub perdepret vermaak op Jeugdag
DIE gemeenskap is behoorlik op Jeugdag vermaak deur die Shelanti ruiterklub met 'n aksiebelaaide perdepretdag.
MOKOPANE – DIE gemeenskap is behoorlik op Jeugdag vermaak deur die Shelanti ruiterklub met ‘n aksiebelaaide perdepretdag.
Die avontuur-gevulde dag was propvol aktiwiteite vir jonk en oud van aartappel-resies tot vertonings deur die verskeie ryskole.
“Die doel van die pretdag is om vir die gemeenskap te wys dat daar in Mokopane ook hope pret vir jonk en oud kan wees,” sê Belinda Oosthuizen, projek-organiseerder van die dag.
“Dit is ‘n lieflike dag en die kinders geniet dit ten volle,” vertel een van die ma’s wat die dag saam kom geniet het. Die teetuin en heerlike lekkernye het bygedra tot die goeie gees van die dag.
Belinda bedank Shelanti ruiterklub vir al hul hulp en ondersteuning asook vir Audrey’s ryskool en Rudi en Henry Yzelle van Western ryskool.
Sy bedank ook al die borge en die gemeenskap vir hul ondersteuning.
“Sonder al die mense se hulp sou die dag nie moontlik gewees het nie.”







