Bosveld SportSport

Blitsvleuel mik na Italië

Maar eers moet Colin blitsvinnig R30 000 probeer bymekaar skraap om Italië toe te kan gaan. Hy vra die gemeenskap vir hulp.

MOKOPANE – Colin Steyn is vir die Suid Afrikaanse-Bokkiespan gekies wat van 27 November tot 6 Desember in Italië rugby gaan speel.

“Dit is ‘n groot eer en sal my skolerugbyloopbaan op ‘n hoë noot afsluit,” sê Colin Steyn, blitsige vleuel van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan.

Colin het pas teruggekom nadat hy vir die Verre Noord o/19-sewesspan op Vereeniging gespeel het… na afloop van die sewes-toernooi is hy vir die SA-Bokkiespan gekies. (Lees meer oor die sewes-toernooi in Bosveld)

Colin het vanjaar skitterrugby gespeel

Hy vertel beskeie hoe die rugbygogga hom eers in gr. 7 gebyt het. Hy het verlede jaar reeds die eerste keer vir HPP se eerstespan uitgedraf. Hy verkies die vleuelposisie want dit pas goed in by sy spelpatroon.

Sy pa, Nick, is sy grootste ondersteuner en hy is ook gereeld langs die veld om hom aan te moedig. Sy ma, Karin, ‘n onderwyseres by HPP, is breëbors oor haar enigste seun se prestasies.

Colin sê die Springbok-losskakel, Handré Pollard, is een van sy rolmodelle. “Hy is nog jonk en maak klaar ‘n reuse-impak.” Saam met die Bokkie-eer wat hom te beurt geval het, moet hy ook nou fokus op sy eindeksamen.

As alles goed gaan sal hy aanstaande jaar regte aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom studeer. Dis ‘n nuwe fase en hy is opgewonde, ook om daar op die rugbyveld sy slag te wys.

Maar eers moet Colin blitsvinnig R30 000 probeer bymekaar skraap om Italië toe te kan gaan.

Hy vra die gemeenskap om hulle harte en beursies oop te maak sodat hy hierdie groot geleentheid kan aangryp en die dorp kan trots maak. Besighede of mense wie wil help, kan sy ma, Karin, by 072 0167312 kontak.

 

Vol storie in Review Bosveld

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button