Vroue gholfdag groot pret
Die Kameeldoring Ladies Classic is Saterdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou waar daar heerlik gholf gespeel is.
MOKOPANE – Die Kameeldoring Ladies Classic is Saterdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou waar daar heerlik gholf gespeel is.
Die vroue het vroegoggend by die klubhuis begin saamkloek en ‘n paar manlike spesies het hier en daar op die baan hulle verskyning gemaak om te kom raad gee.
Armanda Kruger is die bobaas organiseerder en gholfspeler wat saam die spel kom geniet het. Laatmiddag was almal poegaai en met die prysuitdeling is gesorg dat almal daar met ‘n prys kon wegstap.
Armanda bedank die borge wat hulle harte en beursies oopgemaak het met sowat R40 000 se pryse, kos en kontant.
Die dankbaarheid en uitdrukking op die pryswenners se gesigte laat haar dink aan die gesegde dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang, sê sy.
Vanjaar het sy Andries du Toit van Nebustyle as borg uitgesonder. Andries wat verlede jaar in ‘n motorongeluk buite die dorp oorlede is, was ‘n geesdriftige gholfspeler en sy ouers het dit goed gedink om voortaan uit sy onderneming elke jaar die vroue te borg en te ondersteun.
Die wenners van die verskeie afdelings was as volg:
Afdeling A – Desi Earl, afdeling B – Jolanda Horn, afdeling C – Adri Beytell. Die “Non-Golfers” wenners is Elaine Lubbe en Marcelle Nel.
Daar is ook ‘n ruiker aan Janet Duvenage oorhandig om haar sterkte toe te wens met haar pad van genesing wat sy stap.
Armanda bedank die volgende borge: H & F Mining (Fred Beytell), Nebustyle (Andries du Toit), Kairos Haarsalon, NTK, Janwurm, Spa@La Pumba, Astra Borduurders, Bold & Beautiful Hair & Co, Fanie Kemp, Garun Boeremakelaars, The Shoe Box, Savuti, Running Rebels atletiekgroep, Gatti’s, Park Hotel, C & A Slaghuis, Maxi’s, Gerinda, Delene Pelser, Nails for U ( Maliti de Beer), Kosmos Kwekery, House of Femina, Sasko, Kruger Boekhouers, Fruit & Veg, Meat City, Dudley McNight (Amarula), Oaks Pub & Grill, YQ Signs, Torga en Euphorbia, asook die twee anonieme borge.













