Bosveld SportSport

Swemmers laat water spat by SA’s

Altesaam nege swemmers van die TUKS Mokopane Swemklub het die Limpoposkolespan gedurende Desember verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe en spog prestasies los geswem.

MOKOPANE – Altesaam nege swemmers van die TUKS Mokopane Swemklub het die Limpoposkolespan gedurende Desember verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe en spog prestasies los geswem.

Die volgende swemmers het ‘n plek in die top vyf van die finaal verwerf:

Heinrigh Strydom het ‘n gesogte bronsmedalje in die 200 m rugslag verower.

Morné van der Bank het deel gevorm van ‘n gedugte aflosspan wat ‘n bronsmedalje verwerf het en hy het ‘n vyfde plek in die 200 m rugslag behaal.

Bernice Laboff het ‘n vyfde plek in die 100 m borsslag, asook in die 200 m borsslag ingepalm.

Raymond Kockott het ‘n ‘n vierde plek in die 100 m vlinderslag opgeraap.

Franco Botha spog met ‘n vierde plek in die 200 m rugslag en ‘n vyfde plek in die 400 m vrysslag.

Ruben Glover, Adri Vorster, Dawie Muller en

Karel Smit het Limpopo trots verteenwoordig en hulle persoonlike beste gelewer.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button