Bosveld SportSport

Aldricht – jong skaakspeler maak die regte skuiwe

Aldrich Rossouw 'n gr. 6-leerder van Laerskool Krugerpark het onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar die Limpopo Capricorn skaakspan tydens die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe in Kaapstad verteenwoordig.

MOKOPANE – Aldrich Rossouw ‘n gr. 6-leerder van Laerskool Krugerpark het onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar die Limpopo Capricorn skaakspan tydens die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe in Kaapstad verteenwoordig.

Die o/12-B Limpopo Capricornspan het na sewe titaniese rondes ‘n gesogte sesde plek verwerf, waarvan Aldrich sy opponente vyf uit die sewe keer geklop het.

Aldrich het die sportsoort op 12-jarige ouderdom al redelik bemeester en ding gereeld mee in kompetisies in Polokwane.

Dit is juis tydens die provinsiale kampioenskappe in Polokwane wat hy vir hom ‘n plek in die Limpopo Capricornspan losgespeel het. Die Capricornspan was die enigste verteenwoordigers van Limpopo tydens die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe.

Die skaakgogga het Aldrich sowat drie jaar terug gebyt en vandaar het hy al talle maal die spel getroef.

Laerskool Krugerpark, sy ouers en afrigter, Caroline Smith, is trots op Aldrich en die res van die span se puik prestasies.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button