Bosveld SportSport

Hope atletiekaksie by CVO

Altesaam 501 atlete van 13 skole het Saterdag kragte gemeet tydens die jaarlikse Bosveldatletiekbyeenkoms by die CVO-skool Potgietersrus. Die volgende leerders van die CVO-skool Potgietersrus spog met rekords:

MOKOPANE – Altesaam 501 atlete van 13 skole het Saterdag kragte gemeet tydens die jaarlikse Bosveldatletiekbyeenkoms by die CVO-skool Potgietersrus.

Daar is talle medaljes opgeraap en ‘n string rekords is verbeter.

Die Bosveldson het skaars oor die Waterberge geloer toe die opwinding van die dag begin met ‘n tradisie waar twee leerders van die CVO-skool Potgietersrus die dag te perd in ry met die skool se vlag in die hand.

Daarna het die dirigente, in helder kleure getooi, die skare vermaak en gesorg vir groot gees op die pawiljoen terwyl die atlete gesorg het vir opwinding en aksie op die veld en baan.

Die volgende leerders van die CVO-skool Potgietersrus spog met rekords:

Louis Trichardt (o/15) stel ‘n nuwe rekord van 32,64 m in die diskus op. Jandri Venter (o/14) gooi ‘n rekord van 29,03 m los in die spiesgooi en sy verbeter die gewigstootrekord met ‘n afstand van 10,64 m. Stiaan Genis (o/14) pronk met ‘n rekord van 34,60 m in spiesgooi.

Johannes Opperman (0/15) is ‘n langasem en het die 1 500 m in 5:08:73 voltooi. Martelie van Zyl (o/15) vlieg oor die hoogspringlat teen ‘n rekordhoogte van 1,40 m.

Evan Pretorius (o/10) verbeter die verspringrekord met ‘n afstand van 3,93 m en in turbospies stel hy ‘n rekord van 26 m op. Vorster Spies (o/9) nael op die wenstreep in die 80 m af in ‘n tyd van 12:63 sek en voltooi die 60 m in ‘n rekordtyd van 9,69 sek. Stefanie Heystek (o/15) stel ‘n rekord in diskus van 25,89 m op. JJ Duvenhage (o/7) voltooi die 600 m in ‘n rekord tyd van 2:20:10 asook die 60 m in 10:85 sek. Thinus Botha (o/16) stel ‘n nuwe rekord van 12:15 sek in die 100 m op.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button