Hou hierdie Hansies dop
Die Bosveld Interhoër is elke jaar die hoogtepunt van die skole-atletiekseisoen wanneer sewe deelnemende skole van die omgewing mekaar die stryd aansê. Benewens die trofeë is daar medaljes wat opgeraap kan word.
MOOKGOPHONG – Vanjaar is Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong die gasheer. Die ander skole wat Saterdag op die Hansies se baan gaan meeding is Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi, Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal, Hoërskool Ellisras van Lephalale, Hoërskool Warmbad van Bela-Bela en Hoërskool Nylstroom van Modimolle.
Die Hansies se atlete is gerat om vanjaar op hulle tuisveld die medaljes in te ryg.
Hou gerus die volgende atlete met ‘n valkoog dop tydens die Interhoër:
Abbi van der Walt (400 en 800 m vir meisies o/14), Kowie Lombard (800 en 1500 m seuns o/14), Mariné Visser (spiesgooi en gewigstoot vir meisies o/17) en Frikkie Visser (400 en 800 m vir seuns o/15).







