Bosveld SportSport

HPP Rhino Luggeweerskietkompetisie: skuts mik vir ‘n kolskoot

Die top skuts van Hoërskool Piet Potgieter (HPP), CVO-skool Potgietersrus, Pietersburg Hoërskool (PHS), Marné Eberson Akademie, Louis Trichardt, Ben Vorster en Koedoeskop het hulle slag in die binnehuise skietbaan gewys.

MOKOPANE – Met groot konsentrasie is daar verlede Saterdag tydens die HPP Rhino Luggeweerskietkompetisie gelê, gestaan, gekniel en fyn gekorrel om spog prestasies los te skiet.

Die top skuts van Hoërskool Piet Potgieter (HPP), CVO-skool Potgietersrus, Pietersburg Hoërskool (PHS), Marné Eberson Akademie, Louis Trichardt, Ben Vorster en Koedoeskop het hulle slag in die binnehuise skietbaan gewys.

Na ‘n dag van tawwe kompetisie is Monique Venter, ‘n leerder van HPP, met ‘n totaal van 649 as veerskut van die dag gekroon en Gustav Kamfer, ‘n leerder van PHS, is met ‘n totaal van 863 as sporterskut aangewys.

Die volgende skuts van die het sertifikate ontvang in die 3P afdeling (lê, staan en kniel):

Monique Venter pronk met ‘n eerste plek in die o/21 veerafdeling, Danyell Swanepoel behaal ‘n derde plek in die o/14 veerafdeling en Zelda Genis raap ‘n eerste plek op in die o/21 sporterafdeling.

Adrian Hurn behaal ‘n derde plek in die o/14 sporterafdeling en Lincoln Openshaw behaal ‘n eerste plek in die alt veerafdeling in die lê- en knielposisie en ‘n tweede plek in die staanposisie.

Nathan Kotze het ‘n vierde plek in die alt veerafdeling in die lêposisie verwerf.

Die volgende skuts het medaljes verower:

Monique Venter raap goue medaljes in die 3P,10 m staanposisie en vir haar groottotaal in die o/21 veerafdeling op.

Danyell Swanepoel het brons medaljes vir 3P, 10 m staan en vir sy groottotaal behaal in die o/16 veerafdeling.

Zelda Genis verwerf goue medaljes in die 3P, 10 m staan en vir haar groot totaal in die o/21 sporterafdeling.

Adrian Hurn het brons medaljes vir 3P en sy groot totaal in die o/14 sporterafdeling losgeskiet en hy spog met ‘n silwermedalje in die 10 m staan.

Lincoln Openshaw het ‘n goue medalje in die o/10 alt veerafdeling vir die 3P behaal.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button