Bosveld SportSport
Spog prestasies vir Potties Atletiekklub
Altesaam vier van die Potties Atletiekklub se lede het verlede Saterdag tydens die BMW Modern Autohaus 4-in-1 wedloop 'n plek in die top drie losgedraf en gestap terwyl die res van die lede gesorg het vir 'n ryk medalje-oes.
MOKOPANE – Meer as 1 000 atlete het douvoordag aangetree by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane waar hulle weggespring het om hulle staal in die onderskeie wedlope (42 km, 21 km, 10 km of 5 km) te wys.
Die 42 km marathon dien as ‘n kwalifiserende byeenkoms vir die Comrades en Two Oceans marathon.
Potties Atletiekklub resultate:
Sarie Coetzee het ‘n derde plek in die meestersafdeling tydens die taai 42 km marathon
Elmerie Badenhorst ‘n tweede plek in die meestersafdeling van die 21, 1 km wedloop.
Johanna Mawasha het ‘n eerste plek in die 21,1 km stap
Daleen van Zyl het ‘n eerste plek in die 10 km stap.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




